Skaapboerdery is die hoofkomponent van dié boerdery. Die skaap is
grootliks Merino’s. Ander komponente sluit in wild en redelik
onlangs, ook die aanplant van olyfboorde.
Bokpost
lê in die hartland
van die RSA in ‘n malaria- en misdaadvrye, veilige landstreek. Dis
geleë in die groter Colesberggebied, amper halfpad tussen
Johannesburg en Kaapstad, ongeveer 23 km van die N1 en 20 km van
Philippolis af. Die plaas lê knus tussen die skilderagtige rantjies
en koppies van die Oranjerivier, ongeveer 180 km suid van
Bloemfontein.
Die plaas is baie
toeganklik. Die paaie na die plaas toe is geteer (N1 of die R717)
met ongeveer 20 km tipies Suid-Afrikaanse grondpad. Daar is ook ‘n
geteerde landingstrook vir ligte vliegtuie net 28 km van die plaas
af. Die plaas,
Bokpost beslaan 10 000 ha Savanna/Karooweiding.
Skaapboerdery is die hoof ekonomiese bedrywigheid op die plaas, maar
wild loop vry in drie kampe. |