Verblyf
by
Bokpost
Gasteplaas
is hoogstaande en deurdrenk van die
Vrystaat se warm gasvryheid en goeie diens. Veertien gaste kan
ontvang word met verblyf in ruim en-suite slaapkamers wat oor die
wildkamp, die swembad en die rustige voëlreservaat uitkyk.
Die biblioteek
bevat meer as duisend boeke. Daar is ook ‘n kroeg, ‘n plek om te
ontspan en hoekies in die pragtige tuin waar u sommer net kan sit en
droom. Vir die kinders is daar ‘n speelplek!
Daar is ook ‘n
Jacuzzi en ‘n verhitte swembad beskikbaar. |